Laerskool Jan van Riebeeck is die oudste Afrikaans-medium skool in die Wes-Kaap en tweede oudste in die land.
Danksy Japie Louw, die outjie wat meer as ‘n eeu gelede geweier het om in Engels skool te gaan, is die bal aan die rol gesit vir die uiteindelike stigting van die eerste Afrikaanse skool in Kaapstad in 1921.
Kom stap saam deur ons skool se interessante geskiedenis van meer as 100 jaar – en kyk hoe ons deurlopend op vernuwing en uitnemendheid fokus.
As tuiste vir die skooltjie is ‘n gebou aangrensend tot Rosmead in Vinestraat in twee klaskamers omskep. Dit was tot in daardie stadium ‘n stal.
Op die eerste dag het 23 leerlinge, seuns en meisies, hulle hier ingeskryf, en die volgende dag nog een. Die medium van onderrig was Afrikaans en die skool het van Sub A tot standerd 4 gestrek.
Die eerste hoof was mej. Tiba le Roux, wat die hulp van nog ‘n onderwyser, mej. W. Seeliger, gehad het.
Begin met
23
Leerders
1922: 36 leerders
1923: 48 leerders
31 Januarie 1921
Eerste Afrikaanse Laerskool
in Kaapstad
As tuiste vir die skooltjie is ‘n gebou aangrensend tot Rosmead in Vinestraat in twee klaskamers omskep. Dit was tot in daardie stadium ‘n stal.
Op die eerste dag het 23 leerlinge, seuns en meisies, hulle hier ingeskryf, en die volgende dag nog een. Die medium van onderrig was Afrikaans en die skool het van Sub A tot standerd 4 gestrek.
Die eerste hoof was mej. Tiba le Roux, wat die hulp van nog ‘n onderwyser, mej. W. Seeliger, gehad het.
Begin met
23
Leerders
1922: 36 leerders
1923: 48 leerders
15 Junie 1926 – 1927
Jan van Riebeeckskool Kaapstad
Die Vinestraat-skool het so uitgebrei dat die omskepte stal spoedig te klein geraak het. In 1927 is ‘n nuwe gebou op die huidige terrein aan Kloofstraat gebou.
Die skool word tot die Jan van Riebeeck Skool Kaapstad gedoop met die leuse:
Skoolhoof: Trudie de Waal (1922-1934)
Wees uself!
160
Leerders
Skoolkleure word gekies:
Oranje en groen met wit strepies
1927: Nuwe skoolgebou in Kloofstraat
1928
Skoolwapen en embleme
In 1928 verander die skoolkleurenadie kleure van die Van Riebeeckvlag – oranje, witenblou.
Daar is ook op ‘n skoolwapen met drie ringe besluit, na aanleiding van die drie goue ringe teen ‘n rooi agtergrond op die Van Riebeeck familiewapen.
In 2023 word die JvR-embleem asook die waardes-embleem, wat ons skool se waardes op ‘n unieke manier uitbeeld, bekendgestel om die skoolwapen te komplementeer.
1928
2023
1937 – 1947
Tydperk rondom WO II
In 1937 doen die skool aansoek vir ‘n saal om aan die groeinde leerdertal se behoeftes te voldoen, maar die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939 ry dié planne in die wiele.
In 1947 word Huppelland, die pre-primêre skool van Laerskool Jan van Riebeeck, in die Groote Kerk se sentrum inKloofstraat oorkant die laerskool gevestig.
Leerders koop roomys by ‘n roomysverkoper gedurende die Tweede Wêreldoorlog. (1940)
Kleure-atletiekbyeenkoms by die ou Groenpunt-stadion. (1939)
1957
Skoolsaal ingehuldig
Die Willie Hofmeyr Gedenksaal word uiteindelik in 1957 gebou en geopen.
Willie Hofmeyr Gedenksaal Ingang
Foto van saal / gedenkplaat
1977
Verwoestende brand
Op Sondag 13 November 1977 lê ‘n verwoestende brand gedeeltes van die skool in puin.
Brandskade (1977)
Brandskade (1977)
1981
Skoolswembad
Die skoolswembad word in 1981 gebou en ingewy.
1996
Laerskool Jan van Riebeeck vier 75 jaar
Die skool vier sy 75ste bestaansjaar en word vereer met ‘n besoek deur president Nelson Mandela.
2007
Huppelland kry 'n nuwe tuiste
Huppelland verskuif na die huidige skoolgebou in Varsityweg, Tamboerskloof m.b.v. skenkings en ouerdonasies.
2011
90-Jaar viering
In 2011 vier die skool sy 90ste verjaarsdag.
2014 – 2016
Nasorgsentrum en Speelparkie
Die nasorgsentrum is in 2014 opgknap. ‘n Nuwe vloer is gelê, die fasiliteit is geverf en die ruimte mooier en meer kindervriendelik gemaak.
Die graad 1 en -2 speelparkie is in 2016 opgeknap.
2018
iMadiba mikro-museum installasie
Die iMadiba-projek installeer hul mikro-museum by die skool, as deel van ‘n inisiatief om gesprekvoering in ‘n veilige spasie aan te moedig.
Laerskool Jan van Riebeeck is een van net 25 plekke in die Suid-Afrika waar hierdie mikro-museum installeer is.
2021
100 jaar!
Op 31 Januarie 2021 vier die skool sy honderdste bestaansjaar. A.g.v. die Covid-19 pandemie, moes die feesjaar oorstaan tot 2022.